HENNIE THERON – VIDEO CLIP-DIE GROOT ONTBYT
08/12/2015
HENNIE THERON – GootFM Onderhoud: 26 April 2016 – Riva
09/05/2016

HENNIE THERON – AUDIO CLIP-DIE GROOT ONTBYT

 

 

GrootFM Onderhoud: 12 April 2016 – Su-An

Wanneer kwalifiseer ‘n mens vir ‘n eis by die padongelukkefonds?

Die basiese vereiste vir ‘n eis by die POF is dat daar ‘n motorbotsing plaasgevind het, veroorsaak deur die nalatige bestuur van ‘n motorvoertuig, wat dan beserings of iemand se dood veroorsaak het.

Die idee van die wetgewing is om slagoffers van motorbotsings by te staan en te vergoed vir hulle skade gelei. Die POF tree in die plek van die skuldige bestuurder, ten einde seker te maak die slagoffer word wel vergoed vir sy skade.

Wat is die eerste ding om te doen as ‘n mens wil eis en waarnatoe moet ‘n mens gaan?

Dit is altyd belangrik om so gou as moontlik al die besonderhede van die botsing bymekaar te maak. Dit sluit in die besonderhede van die bestuurders, die voertuie betrokke en die datum en plek waar die botsing plaasgevind het.  Indien jy self ‘n bestuurder was, maak seker die botsing word by die polisie aangemeld.

Dan is dit belangrik om hierdie inligting, sowel as die inligting van enige mediese behandeling na ‘n gekwalifiseerde prokureur te neem, verkieslik iemand wat in derdepartyeise spesialiseer, sodat hy of sy namens jou ‘n behoorlike eis kan formuleer. Dit is nie wenslik om self so ‘n eis by die POF te prober indien nie, want dit is ‘n gespesialiseerde veld en die risiko van onderskikking met die POF is baie groot.

 Waarvoor kan ‘n mens eis by die POF?

Miskien moet ek begin deur te bevestig wat ‘n mens nie kan eis nie. Jy kan nie die skade aan jou voertuig eis nie. Wat wel geëis kan word is alle kostes en skade wat verband hou met die beserings of dood van die slagoffer. Dit sluit in algemene skade in sekere gevalle vir pyn, lyding en ongerief by ernstige beserings, mediese en hospital kostes en verlies aan inkomste. Dan by die dood van ‘n broodwinner – die verlies van onderhoud gely deur afhanklikes van die broodwinner wat gedood is.

Wat is die kans om nog geld of ‘n betaling by die POF te kry?

Die betalings aan eisers wat suksesvol teen die POF eis word gefinansier deur ‘n heffing op brandstof. Vir elke liter petrol wat ingegooi word, word

R 1-54 betaal aan die POF. Ek het raak gelees dat in Suid Afrika gedurende 2012  – 20.4 biljoen liter brandstof verkoop is, wat beteken dat in 2012 is gemiddeld 55,890,410 liter brandstof verkoop. Dit sal dus gelykstaande wees aan R 86, 071,232 se heffings wat dagliks aan die POF oorbetaal word of andersens dan ongefeer R 2.58 biljoen per maand. Mits hierdie fondse dan nie verspil word nie, sal daar genoeg geld wees om slagoffers te vergoed vir hulle skade en die kostes van ‘n eis. Op hierdie stadium word betalings wel laat gedoen, maar dit word steeds gedoen.